top of page

Die groot god ewolusie

Writer: JonathanJonathan

“Daar is geen skepper, alles het vanself ontstaan,”

sê die skepsels, “die aarde, son en maan –

aanvaar nou sonder rusie,

dis alles die werk van die groot god ewolusie.

Hy weet niks, sien niks, en kan niks voel,

maar hy stuur nog altyd af op sy doel.

En ondanks sy blindheid het niks hom ontgaan,

hy’t alles beplan wat op aarde bestaan.

Die bye kan nie dink nie en tog weet hul baie goed,

om mekaar te wys presies waar groei ‘n blommetjie met iets soet.

Die vinder dans ‘n nommer agt teen die wande van hulle nes,

en voor hy lank gedans het, daar trek die hele res,

al op die as van die nommer agt, reg op die blomme af,

jy kan dit maar gaan kontroleer as jy vinnig genoeg kan draf.

By wie het daardie by geleer hoe dui hy die rigting aan?

En wie het al sy maats geleer om die sommetjie te verstaan?

Want hoe platter en wyer die agt, hoe verder is die blomme,

en as die blomme naby is, verstaan hulle ook die somme,

want dan is die agt sommer lank en skraal,

en hulle hoef die nectar nie ver te gaan haal.

En sommige bye het selfs no gook hulle Wiskunde geleer,

want hulle kan van vertikaal na horisontaal toe transponeer.

En glo my as jy wil, maar daar is geen by wat dit vergeet nie;

jy kry nie sommer ‘n by wat nie die som se bedoeling weet nie.

Maar moet tog nie sê dat ‘n Skepper hulle so gemaak het nie;

dis sommer maar ewolusie, dis blote toeval dié.

Die voëls is nie as voëls geskape nie,

hulle was eers visse wat nie mooi kon vlie.

Toe op ‘n dag sê ‘n slimmerige vis

vir sy maats wat ‘n bietjie dommer is:

“Kêrels, die water word stadigaan minder;

op die ou end gaan hierdie ding ons hinder.

Wat sal ons nou maak? Vir stowwige sand

het ek niks lus nie, gebruik jou verstand!

Dié ding gaan ons later glad nie betaal nie,

as ons nie kan leer om buite die water asem te kan haal nie.

Dis tyd dat ons nou ophou sukkel

en liewerster begin ontwikkel.

As ons net kan ewolueer

Gaan niks meer ons oorlewing keer.

As ons net ‘n miljoen jaar aan kan hou,

en seker maak dat elke ou

elke keer met die regte vis trou,

sal ons stadigaan vir ons vlerke kan bou,

tot ons later ons lyf in die lug kan hou.

So gesê, so gedaan:

die spul visse gaan staan

met die stert in die water, die bek in die lug,

gedryf deur die uitsig op vrye vlug.

“Wie kan sy asem die langste hou?

Hy kry die eerste kans om te trou!

Die wyfievis met die grootste vin

kry die mannetjie wat ook goed is daarin.”

Goudneus kon eers vyf minute haal,

en ‘n bietjie langer alke maal.

“Goudneus, kyk Silwer se reusevin.

Kan jy jou motiveer om haar nou te bemin

Gaan ons almal ‘n blinker toekoms in.

Dan kry ons, wat ons goed sal betaal,

visse wat kan asemhaal.

Dan kry ons, na miljoene jare,

goeie raad teen hierdie nare

noodlot wat ons so bedreig

as die water sak en die modder styg.

Dan’s ons gered, want al is dit droog,

as daar niks meer water is, vlieg ons hoog.

Ons skubbe word dan vere, ons hoef nie koud te kry nie.

Van modder en stof het ons dan niks meer te ly nie.”

Dit was nouliks honderdduisend jaar,

toe sit die eerste veer al daar!

Goudkieu roep na haar meneer:

“Op ons baba se boudjie sit ‘n veer.”

Die klomp visse het nuwe moed geskep,

en niemand het van opgee iets gerep.

“Kêrels hou julle eendrag sterk!

Julle sien mos die ewolusie werk.”

Duer ‘n ysere wil eendragtig bewaar,

het hul volgehou tot een miljoen jaar.

Na net een miljoen jaar, so by my kool,

daar vlieg die eerste vissievoël!

Maar o wee! Hul vergeet die familieband,

en die voëls begin die visse aanrand.

Laat ‘n vissie net onder die water lê,

dan gaan hy geen lewensverwagting meer hê.

Die vissie verkeer in groot gevaar

as die visarend hom daar gewaar.

Toe die voëls nou eers van rondvlieg weet

het hul gou van onder die water vergeet –

behalwe dat daar nog een voël is

wat steeds groot lus het vir ‘n vis.

Die son kan op die water blink,

maar dit maak hom gladnie minder flink.

Die windjie kan die water roer,

maar hy kan nogsteeds die vis beloer,

en laat een dit net naby die bokant wag,

Dan sien jy visarend is gladnie traag.

In verbyvlug raap hy die vissie op,

en al wat oorbly is die kop.

Hy’t ook nog ‘n wyfie vir hom gekry

Wat dieselfde vermoëns het as hy.

Waar die tweetjies vandaan kom, gaan my verstand te bowe,

maar die groot god ewolusie het hulle belowe

hul kuikens sal ook so visse vang,

en dié s’n ook, millenniums lang.

Hulle almal vang vis, visarende waardig;

daar’s vir almal nuwe DNA vervaardig!

“Dink jy God het dit geskep, dan sê ek jy’s mal!

Dis al’s maar ‘n ewolusiegeval.”

Dus, los maar jul godsdienstige rusie

en buig voor die groot got ewolusie.

Die ratel en die heuningvoëltjie werk mooi saam,

want die ratel is vir bye nie skaam.

Sien die voëltjie ‘n ratel in die bos

dan weet hy daar is kans vir kos.

En as ratel op sy beurt die voëltjie sien

dan weet hy die voëltjie het kos verdien.

Al is jongby en heining sy eie kos

sal hy altyd vir voëltjie ‘n bietjie los.

Ewolusie en toeval maak seker sin,

want ratel en voëltjie het saam begin.

Hul het saam ontwikkel as ‘n paar,

met intieme vriendskap vir mekaar,

in die loop van ‘n blote tien miljoen jaar.

Dis alles blote toeval dié;

hulle is nie so geskape nie.

Hulle het so ontwikkel

sonder teenspoed of sukkel.

Dus, los maar jul godsdienstige rusie

en buig voor die groot god ewolusie.

En dit noem hulle dan “wetenskap”!

Vergewe my maar as ek dink dis ‘n grap.

Om te dink dis alles toeval die –

so ‘n naiewe geloof het ek nie.

Jy kan allen betoog dis alles toeval die

as jy vooraf reeds besluit het daar is geen Skepper nie,

en jou ore aanhou toestop om die skeppingslied nie te hoor nie,

en jou oë dig bly toeknyp om nie jou ongeloof te verloor nie.

                                                                     - Oom Koos van Rooy

Comments


Drop Me a Line To Get In Touch

Thanks for submitting!

© 2010-2021 by Forenji / Privacy Policy / Terms of Use

bottom of page